Karma

Karma is n liefdadigheids organisasie, n artikel 21 , sonder winsbejag. Hulle het 2 jaar gelde n klere winkel geopen in Carnavon, vir fondsinsameling. Dit word voorsien van klere wat ons maandeliks stuur, vir verkope. Asibambane n organisasie wat die werk doen op Carnavon, verkoop dit, en verskaf met die geld n maandelikse inkomste aan bejaarde bewoners van die dorp.

Karma het ook n adopt n – granny program begin , wat baie oumense se lewens verryk, van die bejaardes se “ma ” bly ook in Yzerfontein. Karma is al aan die gang die afgelope 6 jaar en het talle mense uit hul onmiddelike nood gehelp. Geen fondse word onvang nie, en geen geld word gevra nie, die behoeftes word oorgedra aan die skenker wat dan die nodige verskaf. Tans word verskeie huisgesinne in Kraaifontein gehelp, waaronder kinders is.

Gedurende Desember is kerspakkies in Darling vir die kinders en in die ouetehuise uitgedeel. Hulle benodig dringend toerusting vir die kollege vir Dowes wat gestig is deur Hanelie Snyman van Asibambane in Carnavon. Karma was n bekende donateur van die NID (nasionale instituut vir Dowes) in Worcester vir jare, maar help tans die skool in Carnavon.

Indien iemand wil help kan hulle Marietjie van Schalkwyk kontak by 0817089383 of Magda by 0828732414.

1601013_232633980253732_958406915_n 1622191_232633973587066_867364054_n