Yzerfontein Buurtwag

’n Plan vir ’n veilige Feesseisoen

‘n Goeie Buurtwag maak ’n groot verskil in die veiligheid van ’n gemeenskap. Koos Liebenberg deel waardevolle veiligheidswenke vir die Feesseisoen.

ARTIKEL  KOOS LIEBENBERG  |  FOTO  CONRAD MEYER

Die begin van die Buurtwag

Die Yzerfontein Buurtwag is in 2011 gestig en het ten doel om ’n veilige omgewing en lewenswyse vir die gemeenskap van Yzerfontein te skep. Ons doen dit in samewerking met die SAPD, Swartland Munisipaliteit Wetstoepassing en alle ander Gemeenskapsorganisasies.

Die Buurtwag het tans ’n ledetal van meer as 300. Gedurende 2018 is ’n baie aktiewe Plaaswag gestig wat die omliggende plase, kleinhoewes en besighede insluit. Die siening van die Buurtwag is dat die totale gemeenskap van Yzerfontein gedien word en nie slegs lede van die Buurtwag nie. Die hooffunksies van die Buurtwag kan soos volg opgesom word:

  • Insameling van inligting
  • Uitvoering van roetine sekuriteitstake en -aksies
  • Uitvoering van spesifieke sekuriteitstake en -aksies
  • Trauma-ondersteuning

Die Buurtwag is oortuig dat bogenoemde take en funksies nie alleen verrig kan word nie. Dit is dus noodsaaklik dat daar baie goeie verhoudings en samewerking moet wees (en tans wel is) tussen al die rolspelers betrokke by die handhawing van veiligheid en sekuriteit en al die gemeenskapsorganisasies van die dorp.

Yzerfontein Armed Response is ’n gewaardeerde en baie aktiewe veiligheidsmaatskappy en daarom ook ’n onontbeerlike bydraer tot die handhawing van ’n veilige omgewing in ons dorp.

Die Yzerfontein Inwonersvereniging bestuur tans die kamerastelsel van die dorp en is dus ook uiters belangrik in die skep van ’n veilige omgewing.

’n Plan vir die Feesseisoen

Yzerfontein is besig tydens die Desembervakansie. Dit is dus noodsaaklik dat veiligheidstrukture en -aksies verskerp word ten einde ’n aangename feesseisoen aan inwoners en besoekers te verskaf. Daar word jaarliks ’n Feesseisoen Veiligheidsplan in werking gestel met die volgende fokusareas:

  • Die hoofstrand
  • Swemgat
  • Schaapeiland
  • Wet en Orde
  • Oujaarsaand vuurwerke

Die hoofrolspelers in die uitvoering van die plan is die volgende:

  • SAPD
  • Swartland Munisipaliteit Wetstoepassing
  • Yzerfontein Armed Response
  • Yzerfontein Buurtwag
  • Yzerfontein Inwonersvereniging
  • Bewarea
  • NSRI
  • Yzerfontein Toerisme

Tydens hierdie tydperk word ’n Swartland Munisipaliteit Wetstoepassing Kiosk by die Hoofstand ontplooi van waar die aksies gekoördineer word.

Die Feesseisoenplan word gedurende 2019/2020 van 6 Desember 2019 tot 6 Januarie 2020 in werking gestel. Tydens die feesseisoen sal daar ook verskeie padblokkades by die ingang van die dorp wees, waar besoekers verwelkom sal word en alle relevante inligtingstukke uitgedeel sal word.

Veiligheidswenke vir naweekbesoekers en vakansiegangers

  • Maak seker dat jy die kontakbesonderhede van die verhuringsagentskap of eienaar van jou vakansietuiste het om te kontak in ’n noodgeval.
  • Maak seker dat jy die veiligheidstelsel/alarmstelsel se werking verstaan en kan gebruik.
  • Maak seker dat jy weet waar al die ligskakelaars is, veral ten opsigte van die buiteligte.
  • Sluit voertuie wat buite staan ten alle tye, veral snags.
  • Hou vensters, veiligheidsdeure en ander deure gesluit in dié dele van die huis waar jy nie besig is om te kuier nie.
  • Maak seker dat alle vensters, deure, veiligheidsdeure en hekke, gesluit is wanneer jy gaan slaap. Skakel die alarm en alle buiteligte aan.
  • Sluit alle waardevolle items in die kamer waar jy slaap toe. Moenie rekenaars, selfone, beursies, juwele en ander waardevolle items in die sitkamer of onthaalgebied agterlaat nie.

Yzerfontein-inwoners en die Buurtwag sien met verwagting uit na ’n genotvolle en veilige vakansietyd en versoek almal se samewerking in die verband. 

NOODNOMMERS

Buurtwag:  083 444 0672

Yzerfontein Armed Response: 082 961 8874

SAPD Darling: 022 409 1300  |  NSRI: 082 990 5974

Swartland Munisipaliteit Nooddienste: 022 487 9479

Bambi Kellermann

Don’t call her “bokkie“

She’s notorious, she’s glorious…
Bambi Kellermann (aka Pieter-Dirk Uys) is baring all in an exclusive Q&A with I Love Yzer Darling magazine!

PHOTOS SUPPLIED BY PIETER-DIRK UYS

Let’s start with the question you said was embargoed: when last did you see your sister?

BK: Since I returned to South Africa in 1995, I have seen her once. That was in 2015 when we thought our mother was on her deathbed. Only then did we realise that it was her way of getting her two daughters together. I immediately left without saying anything to anyone. So that was four years ago. We haven’t spoken since the mid-1980s. That all sounds terribly depressing.

Since reconciliation is the catchword in our democracy, can’t you two sisters lead by example?

BK: You are so right. Reconciliation starts at home. I hope to speak to her in the year ahead. As someone said to me: do it soon, because one day you will be in the same room together, but one of you will be in a box. Believe me, if my sister was in the box and I walked into the room, she would get up and walk out!

Is there anything you both agree on?

BK: Yes, that our mother Ouma Ossewania Kakebenia Poggenpoel is a vampire and will never die! Ouma Ossewania is… Dare I speculate: 119 years old? They say Prime Minister Hendrik Verwoerd kissed her hand and nibbled it too at the Republic Celebrations of 1961. Maybe he was a vampire as well?

For those of us who have heard about you but don’t know you, who is Bambi Kellermann?

BK: I was born in Bethlehem in the Orange Free State in 1938 as Baby Poggenpoel. My sister Evangelie Poggenpoel is the person you all now know as Evita Bezuidenhout. I left South Africa as a teenager and went to Vienna in Austria. I started stripping in a nightclub. I married an older man and became a countess. He turned out to be a Nazi. I ran away to Hamburg and became a star on the Reeperbahn. My life became a rollercoaster of ups and downs. Let’s just say if you find me on Wikipedia you will read that Bambi Kellermann was one of the grand horizontals of the Northern Hemisphere.

Your new show? ‘Never Too Naked’? Really? An 80-year-old woman without clothes on stage?

BK: Oh my goodness no! I would never be naked on stage in South Africa at the pathetic prices they charge for tickets. Ridiculous! No, I tell what I call my bedtime stories about life, love, loss and longing. With a side of laughter, the
best medicine.

You talk about sex like some of us talk about rugby.

BK: Isn’t it about time someone did? Sex unites us all. It’s the picnic in the minefield of life. I chose it, because I refuse to be manipulated by men. So the language of sex was an international way to stay safe and secure. Men are funny old things: they just want to be loved and then they leave a fortune on the table. Anyway, I think I owe it to the youth to warn them about the dangers of being sexually naïve and far too trustworthy in relationships.

Would you agree that to some people you are politically incorrect?

BK: I sincerely hope so. Political correctness doesn’t really make sense to me. When was politics ever correct? I want to rattle everyone’s political cage so that people rethink their prejudice. And let’s face it, sex can also be very funny. Rather laugh at my stories than giggle at a nervous naked husband. That’s no way to start a family.

How would you talk to your children about sex?

BK: I don’t have children, so I try and have conversations with young people without sounding like an old lady wagging a finger from her moral high ground. I firmly believe parents need to be the only people to talk about
sex to their children. Sadly too few do. There is also too much reliance on the internet and googling sex can only lead to trouble. There is no condom available on social media; just the magic words: delete and switch off.

You say holidays are the most dangerous times for young people. What do you mean?

BK: Young people look like schoolkids when they wear that horrible school uniform. But wait till they dress up for weekend parties. They look like movie stars. Holidays are an orgy of parties – on the beach, at a resort, in hotels. We always insist that our children don’t drink, or do drugs. Nonsense, of course they do! It’s sexy. It’s cool. It’s awesome. And it kills. So talk to your children and grandchildren and remember a song that Stephen Sondheim wrote: ‘Be careful what you say; children will listen. Be careful what you do; children will see and learn.’

Waar is jou Afrikaans? Is die Boeremeisie van Bethlehem dood?

BK: Verskoon my! Ja, ek dink nie genoeg in Afrikaans nie. Ek moes vir so lank Duits praat en in Duits dink. Nou praat ek meestal Engels, maar daar is niks lekkerder as Afrikaans nie. Ek vloek miskien meer in Afrikaans as in Duits of Engels. Ons los dit maar daar…

Share some of the highlights in your life with us (and remember there are also children reading the magazine!)

BK: I regard every day spent on this planet that ends with my life intact and a smile on my face as being a highlight. I suppose the biggest thrill was meeting US President John F. Kennedy. And also once Marilyn Monroe, but not together! I was also the part-time char in Paris for Marlene Dietrich and had to serve tea and cake to Maria Callas when she visited.

A highlight in the future will be the knowledge that South Africa’s sex workers will also be protected by our Constitution. They need a union; they need health treatment without prejudice; they need protection within the law. And they need to be allowed to strike and also expected to pay tax. Sadly the one might not lead to the other.

So are you an optimist? In spite of a life well-lived?

BK: The mere fact that I am still here at my age, after my lifestyle, in spite of the ups and downs makes me optimistic that life is there to be enjoyed and shared with those who care. Don’t waste your time on rubbish. Life’s too short.

I am sure Mrs Bezuidenhout will read this page. Do you have a message for her?

BK: Liewe sussie, if you promise not to set the Darling police on me, I would like to have a rooibos tea with you at Evita se Perron one morning. Your koeksisters will be optional. 

INFO

Bambi Kellermann will present her show “Never Too Naked” at the Woordfees in Stellenbosch on Wednesday 11 March 2020, as well as at the Fugard Theatre in Cape Town from 24 March to 11 April 2020. Check www.evita.co.za for her performances at Evita se Perron in Darling.

Yzer Challenge

Val in die pad vir veiligheid

Staan saam en neem deel aan die 2019 Yzerfontein Challenge!

ARTIKEL  |  FOTO’S  Alfie van Litsenborgh

As daar nou een uitdaging is waarvan jy beslis ’n sukses kan maak, dan is dit die Yzerfontein Challenge. Dié jaarlikse pret- en fondsinsamelingdag is al ’n instelling in Yzerfontein, en snoer vriende en vreemdelinge saam vir een belangrike doel: om broodnodige fondse vir die Yzerfontein Buurtwag in
te samel.

Vanjaar vind die Yzerfontein Challenge om 08:00 op Maandag, 23 Desember plaas. Vir slegs R50 kan ondersteuners aan een van die volgende items deelneem:

5km Pretdraf

5km Pretstap

5km Doggy Walk

12km Fietsry

12km Draf

Die roete strek deur die skilderagtige omgewing van Yzerfontein, en elke deelnemer bepaal sy/haar eie pas. Daar is waterpunte langs die roete. Of jy eerste is of laaste, ’n medalje gaan om jou nek pronk! Die prysuitdeling vind om 09:30 plaas.

Die fondse wat tydens die Yzerfontein Challenge ingesamel word maak dit moontlik vir die Buurtwag om noodsaaklike toerusting aan te koop en instandhouding te doen.

Ons doen ’n beroep op almal wat lief is vir Yzerfontein om deel te neem, en julle vriende en familie saam te bring: julle ondersteuning maak ’n groot verskil aan die effektiwiteit van die Yzerfontein Buurtwag.

Inskrywingsvorms vir die Yzerfontein Challenge is van
1 Desember beskikbaar by Yzerfontein Armed Response se kantoor te F. Duckittstraat 63, Yzerfontein (h/v Buitekant- en F.Duckittstraat). Elke deelnemer kry ’n wedloopnommer wat gedurende deelname gedra moet word, sigbaar aan die deelnemer se liggaam.

Die Yzerfontein Buurtwag wil graag dank en waardering uitspreek teenoor ons hoofborg, Seeff.  

NAVRAE

T 022 451 2747

E yzer.armedresponse@gmail.com

Snoek Classic

Kom soek vir ’n snoek!

Ken jy die see? Kom wys jou staal by die Snoek Classic!

ARTIKEL Theunis Kruger

FOTO’S Yzerfontein Boothengelklub

Kanselleer al jou planne vir Saterdag, 21 Desember, want dit is tyd vir die jaarlikse Snoek Classic, aangebied deur die Yzerfontein Boothengelklub.Vanjaar se Classic is ’n week later as gewoonlik, om meer vakansiegangers die kans te gee om in te skryf. Die Boothengelklub hoop om inskrywings van ten minste 60 bote en 200 hengelaars te ontvang. Die koste beloop R400 vir nie-lede, R300 vir lede en R200 vir juniors onder 16. Elke hengelaar kry ’n spesiale Quiver-hengelhemp ter waarde van R350 om die dag mee aan te pak.

Die ope-afdeling bied pryse vir die swaarste 10 visse. Yamaha Suid-Afrika borg die eersteprys vir swaarste snoek: ’n allemintige R40 000 kontant. Tweedeprys is ’n kragopwekker van Yamalube. Daar is ook nog vele ander pryse geborg deur Yzerfontein Kwikspar en Tops, Petec, Tropical Refrigeration en Halt Lock.

Die top-junior wen R3 000 kontant, geborg deur ons Sport- en Ontspanningsklub, en vir die topvrou wag daar ook ’n verrassing. Die boot wat met die hoogste gemiddelde gewig per bemanningslid inweeg wen ook ’n baie groot prys.

Snoek is nie die enigste trekpleister nie: kreefseisoen is weer oop, en daar is pryse op die spel vir die drie grootste krewe wat gevang word.

Die Boothengel-klub bied ’n inligtingsessie vir boot-skippers aan om 18:30 op Vrydag, 20 Desember by die Yzerfontein Sport- en Ontspanningsklub.

Op Saterdag kan bote vanaf 05:00 uit ons hawe lanseer. Die skale vir inweeg sal om 12:00 oopmaak en teen 16:00 sluit. Na afloop van die inweeg beweeg almal na die Yzerfontein Sport- en Ontspanningsklub om die dors te les terwyl ons vir die prysuitdeling om 18:00 voorberei. Ná afloop van die prysuitdeling sal daar iets te ete wees. Daar is ’n ook ’n restaurant op die perseel waar besoekers en gaste van deelnemers die hongerpyne kan stilmaak. 

Kontak persoon Theunis Kruger

M 083 306 5510

W yzerboatclub.co.za

I Love Yzer Feesmark – 21 Desember 2019

Sedert Desember 2013 het die I Love Yzer Feesmark saam met Yzerfontein verhuis, gegroei en verander. Dis nou weer tyd vir die jaarlikse mark en ons sien uit daarna om die jaar op ‘n hoogtepunt af te sluit saam met almal.

Die I Love Yzer Feesmark vind plaas op Saterdag, 21 Desember, by die Yzerfontein Sport- en Ontspanningsklub. Hekke maak 10 uur oop en feesgangers kan die hele dag saam met ons kuier met die musiek van Old School Entertainment. 

Ondersteun die plaaslike entrepreneurs en koop julle kersgeskenke by die feesmark. Shaun se Braai Slaai, Inkuni Crafts, Pet’s Delite, M-Designs, Wooden Toys, Darling Vleismark en Darling Ditjies & Datjies is slegs ‘n paar van die bekendes wat gaan uitstal.

Vir die fynproewer sal daar ook ‘n weie verskydenheid van gourmet kos stalletjies wees met gunstelinge soos Burger Fellers, Lucky Dice Coffee en The Sunshine Food Vegan Café.

Kom ontspan in ons kuier-area met ‘n glasie wyn of ‘n koue bier. Die sportklub se kroeg sal die feesgangers se dors les met plaaslike Darling wyne, Vuilhond en nog vele meer.

Die kinders gaan ook vermaak word met ‘n verskeidenheid van aktiwiteite. Die kleuters kan uitsien na Die Bop Boppers se vertoning wat om 12 uur sal plaasvind. Kersvader kom loer net daarna in met lekkertjies vir almal en die kinders (of grootmense) kan ‘n selfie saam met hom neem!

Kersfees begin sommer vroeg by die mark hierdie jaar! Bring jou besigheidskaartjie en skryf in by die I Love Yzer gazebo vir die trekkings wat gedurende die dag plaasvind. Daar is verskeie geskenkpakkies van ons uitstallers en plaaslike besighede wat gewen kan word. 

DATUM Saterdag, 21 Desember

TYD 10:00 – 16:00  TOEGANG  Gratis

PLEK Yzerfontein Sport- & Ontspanningsklub

PROGRAM

10:00 – 16:00 DJ – Old School Entertainment

12:00 Die Bop Boppers

Kersvader arriveer na Die Bop Boppers vertoning.

Trekkings gedurende die dag.

INFO  T 022 451 2202  E info@iloveyzer.co.za

W iloveyzer.co.za  Social Media @ILoveYzer

Darling Summer Festival

ARTICLE | PHOTOS – COURTESY OF DARLING BREW

Come on Summer!

Get festive with us at the Darling Summer Festival. Why wait for Christmas to get your holiday vibe on? The beer and fun will be flowing at Darling Brewery in the village of Darling on Saturday, December 14.

Join Darling Brew and 7 guest breweries to party with us. They will be serving the best of their craft beers all day while the entertainment rocks around them. It’ll be cooler than Christmas.

The guys from Beer Country are coming on board to keep the fun Summer-simmering. Their unique blend of Beer, Food and Fire is all the excuse you need to crack a cold one and settle in for a jol.

Speaking of which we have confirmed the smokin’ Red Tape Riot and Congo Cowboys to take the stage. The spankin’ DJ Steak is confirmed to fill the day with music in between, so the Summer festival tunes will never stop.

No need to pack lunch. We’re setting up food stalls with all your favourite street food treats. Something for everyone, especially the kids. Our famous mega-jungle gym is a fixture at the brewery. We will also be bringing in a slippy-slide so the fun never stops for the little ones.

Tickets are R120 online through Webtickets right now. They will cost you R150 at the gate, so commit early. Price includes entrance and a commemorative Darling Summer Festival glass. Under 12s enter free while teens are R80 each and there’s no memorabilia included.

GUEST BREWERIES: Saggy Stone, Riot Beer, Loxtonia, Old Potter Brewpub, Black Eagle, Shields Indie, Beerworks

E DBexperience@darlingbrew.co.za

darlingbrew.co.za

Social Media Darling Brew

Groote Post Country Market – The Christmas Market

Head out to Groote Post Wine Farm on Sunday, 15 December, for a day of family fun and relaxation at their idyllic Country Market nestled in the hills around the beautifyl town of Darling.

A mere half an hour out of Blouberg and an hour from the city, Groote Post is a gentle drive out of the hustle and bustle of city life into the rustic countryside. Enjoy a day of family fun and relaxation at an idyllic Country Market nestled in the hills around the beautiful town of Darling.

The Christmas Market (also the last market for 2019) will take place on Sunday, 15 December. Children will be delighted to know that Father Christmas will travel from the North Pole to Groote Post to hand out sweets. They will also be able to post their last Christmas wish list in the Santa letter box.

Guests can expect delicious and beautiful country offerings including artisan foods, arts and crafts, homeware, clothing, décor, gifts, jewellery, accessories, toys, fresh produce and more. Local is always lekker at Groote Post, with a divine selection of Darling gourmet produce including: Weskus Worswa, Darling Honey, Burger Fellas, Nellies Homemade Pies, the popular Darling Brew and of course Groote Post’s well-loved wines. Look out for popular newcomers to the market such as Sunshine Food Company’s Vegan Stand, Die Boeppens Spens and more…

After browsing through the market, relax on the beautiful lawns under the trees tucking into delicious eats from the market and enjoying the local entertainment. The little ones will be kept busy with a wide variety of kiddies’ activities: tractor rides, guided horse rides and the popular playground. 

Three Market Lucky Draws will take place at 12:30, 13:30 and 14:30. The winners each receiving a hamper with products from the market and Groote Post wine, but you must to be at the draw to win.

The 3 winners from each market will go towards a BIG DRAW at the end of the season. The lucky winner will win a 2x night stay in Yzerfontein. Please note the overall winner must be at the last market in April 2020 to win the big prize.

Groote Post’s award-winning restaurant, Hilda’s Kitchen, will be open as usual, but please note that booking is essential.  The Groote Post Market is an outing for the whole family including one’s furry children, but dogs must please be kept on a leash at all times.  Remember that entry to the market is free of charge – see you at the next market!

OPENING HOURS 10:00 – 15:00

VENUE Groote Post Wine Cellar

MARKET dates for 2020

26 Jan  |  23 Feb  |  29 Mar  |  26 Apr

Closed during winter: May, June, July

30 Aug  |  27 Sep  |  25 Oct  |  29 Nov  |  20 Dec

SOCIAL MEDIA @GrootePostCountryMarket

ENQUIRIES

info@iloveyzer.co.za  |  022 451 2202