Uncategorized

Yzer Challenge

Val in die pad vir veiligheid

Staan saam en neem deel aan die 2019 Yzerfontein Challenge!

ARTIKEL  |  FOTO’S  Alfie van Litsenborgh

As daar nou een uitdaging is waarvan jy beslis ’n sukses kan maak, dan is dit die Yzerfontein Challenge. Dié jaarlikse pret- en fondsinsamelingdag is al ’n instelling in Yzerfontein, en snoer vriende en vreemdelinge saam vir een belangrike doel: om broodnodige fondse vir die Yzerfontein Buurtwag in
te samel.

Vanjaar vind die Yzerfontein Challenge om 08:00 op Maandag, 23 Desember plaas. Vir slegs R50 kan ondersteuners aan een van die volgende items deelneem:

5km Pretdraf

5km Pretstap

5km Doggy Walk

12km Fietsry

12km Draf

Die roete strek deur die skilderagtige omgewing van Yzerfontein, en elke deelnemer bepaal sy/haar eie pas. Daar is waterpunte langs die roete. Of jy eerste is of laaste, ’n medalje gaan om jou nek pronk! Die prysuitdeling vind om 09:30 plaas.

Die fondse wat tydens die Yzerfontein Challenge ingesamel word maak dit moontlik vir die Buurtwag om noodsaaklike toerusting aan te koop en instandhouding te doen.

Ons doen ’n beroep op almal wat lief is vir Yzerfontein om deel te neem, en julle vriende en familie saam te bring: julle ondersteuning maak ’n groot verskil aan die effektiwiteit van die Yzerfontein Buurtwag.

Inskrywingsvorms vir die Yzerfontein Challenge is van
1 Desember beskikbaar by Yzerfontein Armed Response se kantoor te F. Duckittstraat 63, Yzerfontein (h/v Buitekant- en F.Duckittstraat). Elke deelnemer kry ’n wedloopnommer wat gedurende deelname gedra moet word, sigbaar aan die deelnemer se liggaam.

Die Yzerfontein Buurtwag wil graag dank en waardering uitspreek teenoor ons hoofborg, Seeff.  

NAVRAE

T 022 451 2747

E yzer.armedresponse@gmail.com

Uncategorized

Snoek Classic

Kom soek vir ’n snoek!

Ken jy die see? Kom wys jou staal by die Snoek Classic!

ARTIKEL Theunis Kruger

FOTO’S Yzerfontein Boothengelklub

Kanselleer al jou planne vir Saterdag, 21 Desember, want dit is tyd vir die jaarlikse Snoek Classic, aangebied deur die Yzerfontein Boothengelklub.Vanjaar se Classic is ’n week later as gewoonlik, om meer vakansiegangers die kans te gee om in te skryf. Die Boothengelklub hoop om inskrywings van ten minste 60 bote en 200 hengelaars te ontvang. Die koste beloop R400 vir nie-lede, R300 vir lede en R200 vir juniors onder 16. Elke hengelaar kry ’n spesiale Quiver-hengelhemp ter waarde van R350 om die dag mee aan te pak.

Die ope-afdeling bied pryse vir die swaarste 10 visse. Yamaha Suid-Afrika borg die eersteprys vir swaarste snoek: ’n allemintige R40 000 kontant. Tweedeprys is ’n kragopwekker van Yamalube. Daar is ook nog vele ander pryse geborg deur Yzerfontein Kwikspar en Tops, Petec, Tropical Refrigeration en Halt Lock.

Die top-junior wen R3 000 kontant, geborg deur ons Sport- en Ontspanningsklub, en vir die topvrou wag daar ook ’n verrassing. Die boot wat met die hoogste gemiddelde gewig per bemanningslid inweeg wen ook ’n baie groot prys.

Snoek is nie die enigste trekpleister nie: kreefseisoen is weer oop, en daar is pryse op die spel vir die drie grootste krewe wat gevang word.

Die Boothengel-klub bied ’n inligtingsessie vir boot-skippers aan om 18:30 op Vrydag, 20 Desember by die Yzerfontein Sport- en Ontspanningsklub.

Op Saterdag kan bote vanaf 05:00 uit ons hawe lanseer. Die skale vir inweeg sal om 12:00 oopmaak en teen 16:00 sluit. Na afloop van die inweeg beweeg almal na die Yzerfontein Sport- en Ontspanningsklub om die dors te les terwyl ons vir die prysuitdeling om 18:00 voorberei. Ná afloop van die prysuitdeling sal daar iets te ete wees. Daar is ’n ook ’n restaurant op die perseel waar besoekers en gaste van deelnemers die hongerpyne kan stilmaak. 

Kontak persoon Theunis Kruger

M 083 306 5510

W yzerboatclub.co.za

Uncategorized

I Love Yzer Feesmark – 21 Desember 2019

Sedert Desember 2013 het die I Love Yzer Feesmark saam met Yzerfontein verhuis, gegroei en verander. Dis nou weer tyd vir die jaarlikse mark en ons sien uit daarna om die jaar op ‘n hoogtepunt af te sluit saam met almal.

Die I Love Yzer Feesmark vind plaas op Saterdag, 21 Desember, by die Yzerfontein Sport- en Ontspanningsklub. Hekke maak 10 uur oop en feesgangers kan die hele dag saam met ons kuier met die musiek van Old School Entertainment. 

Ondersteun die plaaslike entrepreneurs en koop julle kersgeskenke by die feesmark. Shaun se Braai Slaai, Inkuni Crafts, Pet’s Delite, M-Designs, Wooden Toys, Darling Vleismark en Darling Ditjies & Datjies is slegs ‘n paar van die bekendes wat gaan uitstal.

Vir die fynproewer sal daar ook ‘n weie verskydenheid van gourmet kos stalletjies wees met gunstelinge soos Burger Fellers, Lucky Dice Coffee en The Sunshine Food Vegan Café.

Kom ontspan in ons kuier-area met ‘n glasie wyn of ‘n koue bier. Die sportklub se kroeg sal die feesgangers se dors les met plaaslike Darling wyne, Vuilhond en nog vele meer.

Die kinders gaan ook vermaak word met ‘n verskeidenheid van aktiwiteite. Die kleuters kan uitsien na Die Bop Boppers se vertoning wat om 12 uur sal plaasvind. Kersvader kom loer net daarna in met lekkertjies vir almal en die kinders (of grootmense) kan ‘n selfie saam met hom neem!

Kersfees begin sommer vroeg by die mark hierdie jaar! Bring jou besigheidskaartjie en skryf in by die I Love Yzer gazebo vir die trekkings wat gedurende die dag plaasvind. Daar is verskeie geskenkpakkies van ons uitstallers en plaaslike besighede wat gewen kan word. 

DATUM Saterdag, 21 Desember

TYD 10:00 – 16:00  TOEGANG  Gratis

PLEK Yzerfontein Sport- & Ontspanningsklub

PROGRAM

10:00 – 16:00 DJ – Old School Entertainment

12:00 Die Bop Boppers

Kersvader arriveer na Die Bop Boppers vertoning.

Trekkings gedurende die dag.

INFO  T 022 451 2202  E info@iloveyzer.co.za

W iloveyzer.co.za  Social Media @ILoveYzer

Uncategorized

Darling Summer Festival

ARTICLE | PHOTOS – COURTESY OF DARLING BREW

Come on Summer!

Get festive with us at the Darling Summer Festival. Why wait for Christmas to get your holiday vibe on? The beer and fun will be flowing at Darling Brewery in the village of Darling on Saturday, December 14.

Join Darling Brew and 7 guest breweries to party with us. They will be serving the best of their craft beers all day while the entertainment rocks around them. It’ll be cooler than Christmas.

The guys from Beer Country are coming on board to keep the fun Summer-simmering. Their unique blend of Beer, Food and Fire is all the excuse you need to crack a cold one and settle in for a jol.

Speaking of which we have confirmed the smokin’ Red Tape Riot and Congo Cowboys to take the stage. The spankin’ DJ Steak is confirmed to fill the day with music in between, so the Summer festival tunes will never stop.

No need to pack lunch. We’re setting up food stalls with all your favourite street food treats. Something for everyone, especially the kids. Our famous mega-jungle gym is a fixture at the brewery. We will also be bringing in a slippy-slide so the fun never stops for the little ones.

Tickets are R120 online through Webtickets right now. They will cost you R150 at the gate, so commit early. Price includes entrance and a commemorative Darling Summer Festival glass. Under 12s enter free while teens are R80 each and there’s no memorabilia included.

GUEST BREWERIES: Saggy Stone, Riot Beer, Loxtonia, Old Potter Brewpub, Black Eagle, Shields Indie, Beerworks

E DBexperience@darlingbrew.co.za

darlingbrew.co.za

Social Media Darling Brew

Uncategorized

Groote Post Country Market – The Christmas Market

Head out to Groote Post Wine Farm on Sunday, 15 December, for a day of family fun and relaxation at their idyllic Country Market nestled in the hills around the beautifyl town of Darling.

A mere half an hour out of Blouberg and an hour from the city, Groote Post is a gentle drive out of the hustle and bustle of city life into the rustic countryside. Enjoy a day of family fun and relaxation at an idyllic Country Market nestled in the hills around the beautiful town of Darling.

The Christmas Market (also the last market for 2019) will take place on Sunday, 15 December. Children will be delighted to know that Father Christmas will travel from the North Pole to Groote Post to hand out sweets. They will also be able to post their last Christmas wish list in the Santa letter box.

Guests can expect delicious and beautiful country offerings including artisan foods, arts and crafts, homeware, clothing, décor, gifts, jewellery, accessories, toys, fresh produce and more. Local is always lekker at Groote Post, with a divine selection of Darling gourmet produce including: Weskus Worswa, Darling Honey, Burger Fellas, Nellies Homemade Pies, the popular Darling Brew and of course Groote Post’s well-loved wines. Look out for popular newcomers to the market such as Sunshine Food Company’s Vegan Stand, Die Boeppens Spens and more…

After browsing through the market, relax on the beautiful lawns under the trees tucking into delicious eats from the market and enjoying the local entertainment. The little ones will be kept busy with a wide variety of kiddies’ activities: tractor rides, guided horse rides and the popular playground. 

Three Market Lucky Draws will take place at 12:30, 13:30 and 14:30. The winners each receiving a hamper with products from the market and Groote Post wine, but you must to be at the draw to win.

The 3 winners from each market will go towards a BIG DRAW at the end of the season. The lucky winner will win a 2x night stay in Yzerfontein. Please note the overall winner must be at the last market in April 2020 to win the big prize.

Groote Post’s award-winning restaurant, Hilda’s Kitchen, will be open as usual, but please note that booking is essential.  The Groote Post Market is an outing for the whole family including one’s furry children, but dogs must please be kept on a leash at all times.  Remember that entry to the market is free of charge – see you at the next market!

OPENING HOURS 10:00 – 15:00

VENUE Groote Post Wine Cellar

MARKET dates for 2020

26 Jan  |  23 Feb  |  29 Mar  |  26 Apr

Closed during winter: May, June, July

30 Aug  |  27 Sep  |  25 Oct  |  29 Nov  |  20 Dec

SOCIAL MEDIA @GrootePostCountryMarket

ENQUIRIES

info@iloveyzer.co.za  |  022 451 2202