100th Darling Wildflower Show

 

 

Die 100ste Darling Veldblommeskou
14-17 September 2017
Aangebied deur die Darling Veldblommevereniging.

Die Darling Veldblommevereniging bestaan al vir meer as ʼn eeu, en die vereniging se Veldblommeskou vind jaarliks tydens die derde naweek in September plaas. Dit vier ʼn belangrike deel van die Kaapse Fynboskoninkryk, wat bestaan uit Renosterveld, Rietveld, Sandveld en Strandveld, waar altesaam meer as 1200 verskillende blomspesies gevind kan word.

Die Veldblommeskou vier vanjaar sy 100ste bestaanjaar met ʼn spesiale Eeufeesviering. Die uitstalling sal fokus op die Darling Veldblommevereniging se ontwikkeling die afgelope 100 jaar, asook die Herbariumprojek.
Die Darling Veldblommeskou bied ʼn verskeidenheid van aktiwiteite aan wat jonk en oud sal vermaak.
Kaartjies sluit in:
• toegang tot die Landskapsaal waar blomme uit die streek in hulle natuurlike habitat uitgebeeld word;
• ʼn orgidieëuitstalling deur Orchid Creations by Trisha;
• ʼn Kunsvlyt & Gourmet kosmark;
• ʼn uitstalling van veteraantrekkers en –motors;
• ʼn vermaaktent met gratis musiek deur plaaslike kunstenaars soos Klassik;
• veilige parkering;
• gratis WiFi deur Fox Wireless;
• ʼn gratis rit op ʼn trekkerwa om die ongerepte vleiland by Oude Post te besoek – gewoonlik kry die publiek geen toegang tot dié Vleiland nie, en dit is dus ʼn spesiale gebeurtenis.
Gaste kan ook uitsien na ʼn verskeidenheid van werksessies:
• Professor Peter Linder is aan die stuur van twee werksessies, “Riete van die Sandveld”, waarvan een in die veld en die ander by die Darling Klub sal plaasvind. Professor Linder besoek Suid-Afrika uit Zürich, Duitsland vir die werksessies.
• “Tassie Massie” werksessies deur Karen Moyle van Flowers on The Stoep:
16 & 17 September, 10-11am teen R300pp. Slegs 10 mense per sessie.
• !Khwa ttu bied werksessies oor fynbos en die verband tussen dié plante en tradisionele Sankultuur en –erfenis aan. Kinders en families welkom.
• ʼn Praatjie deur Simply Bee oor bye en hoe belangrik dit is om hulle te bewaar by die vermaaktent op Vrydag, 15 September.
Meer inligting oor die werksessies sal later beskikbaar wees.

 

As die lus vir reis jou tydens die Darling veldblommeskou pak, sluit aan by die heen-en-weer-diens wat in Darling gaan rondry en by interessanthede soos die Darling Museum, Evita se Perron, Duckitt Nurseries en die Renosterveldreservaat sal stop.

Die meer as 100 kos- en kunsvlytstalletjies gaan beslis jou smaakkliere en lus vir inkopies trakteer! Vir die jongspan wag ʼn naweek vol pret in die speelparkarea, met alles van gesigverf tot pretritte op die agenda. Volwassenes kan ontspan in die Mini Wynroete & Biertent.
Jou toegangsgeld tot die Darling Veldblommeskou maak dit vir ons moontlik om ons bedreigde blommekoninkryk vir die toekoms te bewaar, so kom kuier saam met ons by die Eeufeesviering van die Darling Veldblommeskou en maak ʼn belangrike bydrae!

Skoudatums 14-17 September 2017

 

Tye Donderdag tot Saterdag: 09:00 – 17:00; Sondag: 09:00 – 15:00
Plek Darling Gholfklub, Jacarandastraat, Darling
Kaartjies is beskikbaar by www.quicket.co.za – Groepafslag op aansoek.
Koste Volwassenes: R60
Leerders: R40
Pensioenarisse: R40 (Slegs Donderdag & Vrydag)

Kinders 13 jaar en jonger: gratis


VIR MEER INLIGTING

Kontak Michelle Linder
T 072 178 5744 / 084 916 1111
E info@darlingwildflowers.co.za
W www.darlingwildflowers.co.za
Facebook @DarlingWildflowerSociety
Twitter @DWildflowers
Instagram @darlingwildflowers